Friday, June 8, 2007

Inligting 2007


Baie welkom by Babbel en Krabbel Kleuterskool en Dagsorg. Dit is ‘n voorreg om deel te hê aan u kind se opvoeding en versorging, sodat u u dagtaak met gemoedsrus kan voltooi.
Vir Babbel en Krabbel is die bou van kleuters se selfbeeld baie belangrik, asook hulle betrokkenheid in groepsverband en die ontwikkeling van hulle onderskeie aanlegte geniet deurentyd aandag.
Goeie higiëne is van kardinale belang en daar word daagliks hierna omgesien. Etes rond die skool se besondere toewyding af met ’n daaglikse gebalanseerde spyskaart wat insluit ’n ontbyt, peuselhappie, middagete en later die middag weer ’n peuselhappie wat ook vrugte van die seisoen kan insluit. Asseblief geen kos, of lekkergoed mag saamgebring word nie – indien u wel iets wil saam stuur is ‘n vrug welkom.

Met hierdie skrywe wil ons graag aan u belangrike inligting deurgee en ‘n paar praktiese reëlings tref.

Maak asb. seker dat u telnr. / selnr. korrek is of indien dit verander het. Ons moet u in geval van nood kan skakel

Die skoolure is vanaf 6:30 in die oggend tot 17:30 in die middae. Ons is die hele jaar oop – gedurende skoolvakansies het ons ‘n speelskool. Die skool is wel vanaf die middel Desember gesluit en open weer in die tweede week van die nuwe jaar. Publieke en skole vakansiedae sal ons gesluit wees.

Op en aflaai van kleuters:
Maak asb baie seker die hek voor, is toe/gesluit as u in en uit kom.
Indien iemand anders u kind kom haal, reël asb met my of persoon aandiens.
Ons sal dit waardeer indien ouers ons sal laat weet indien u kind afwesig sal wees.
‘n Addisionele koste van R20,00 sal van ouers verhaal word indien u kinders vroeër afgelaai of laat afgehaal word.

Wat elke kleuter moet saam bring:
Gemaklike klere, wat mag vuil en nat word, sodat hy/sy lekker kan speel en beweeg.
Ekstra stel klere
Ekstra onder klere of weggooidoeke en wet wipes
Boudjiesalf, indien nodig
Bottels en formule melk indien nodig
Boekie om boodskappies in neer te skryf
Sonblok in somer

Begin van die jaar:
2 Buisies goeie kwalieteit pritt
2 Pakke dik vet kryte
Stompneus skêr vir kinders 3 jaar en ouer
Voorskoot wat hy/sy kan gebruik vir verfwerk
Lêer om werkies in te bêre
Gesig waslap
Kombers vir middag slapie

Per Maand:
2L Oros of 1L sap konsentraat (somer) / 4 pakkies sop (winter)
2 rolle toilet papier

Sorg asb dat al u kind se besittings duidelik gemerk is met sy/haar naam.
Medikasie:
Indien u kind medikasie gebruik, moet dit soggens aan die persoon aan diens oorhandig word vir die toediening gedurende die dag. Moet dit asb. nie in u kind se tas los nie.
Onthou asb. om dit weer namiddag by die persoon aan diens af te haal.

1 comment:

Unknown said...

hallo babbel en krabbeln

Kaek ek jul kontak besonderhede kry asb my email is martinettevh@gmail.com dankie